HL 434 1. DIE DIERB'RE JESUS IS NABY, DIE LIEFDEVOLLE JESUS; SY WOORDE TROOS VIR JOU EN MY, O HOOR DIE STEM VAN JESUS! KOOR: SOETSTE KLANK IN SERAFSLIED, SOETSTE NAAM IN GODS GEBIED, SOETSTE NAAM IN ONS VERDRIET, JESUS, DIERB'RE JESUS! 2. ONS SONDE HET HY AAN DIE KRUIS GEDRA DIE DIERB'RE JESUS! 'N PLEK WORD IN DIE VADERHUIS, 'N KROON BEREI DEUR JESUS. 3. SY DOOD HET LEWE EN HEIL BEREI, SKENK DAN GELOOF AAN JESUS; ONS HART SY AAN SY DIENS GEWY; VERHEERLIK, MET MY, JESUS. 4. SY NAAM VERLOS VAN SKULD EN SMART, GEEN NAAM SOOS DIE VAN JESUS; SY GEES SOEK WONING IN ONS HART, VERTROU JOU DAN AAN JESUS. 5. KOM KINDERS ALMAL GROOT EN KLEIN, BEMIN DIE NAAM VAN JESUS! HY MAAK OOK KINDERHARTE REIN, SO LEEF OOK ONS DEUR JESUS. 6. IN GINDSE HUIS VOL HEERLIKHEID, SIEN ONS DIE DIERB'RE JESUS; DAAR PRYS ONS TOT IN EWIGHEID SY NAAM, DIE NAAM VAN JESUS.